Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Wilma le Roux

Wilma was tot onlangs VBO-koördineerder by Communitas waar sy predikante se CPD-punte en kursus koördinering behartig het.

Sy is 'n bekwame redigeerder asook samesteller vir boeke.

Wilma het vir verskeie van die groot uitgewershuise werk gelewer, soos CUM-uitgewers, Carpe Diem Media asook BybelMedia en LuxVerbi. Ook onafhanklike redigeerwerk gedoen vir selfpubliseerders.

Sedert 1991 het sy ook Jannie se skryfwerk geredigeer.

Sy was ook een van die gewilde Christen vroue-tydskrif FINESSE se redaksielede.

Sy help ook vir Jannie as toerleier en saam vorm hulle 'n gedugte span waaroor toerlede graag getuig van die sorg en leiding wat hulle beleef.

Naas die redigering en toerleier-wees, is sy tans hard aan die werk om die Inspire GuROUX blog en media te hanteer.

Indien jy graag wil hoor of sy jou kan help, kontak haar gerus: wilma@inspireguroux.com