WORD DEEL VAN DIE INSPIRASIE IMPAK!

DR. JANNIE EN WILMA LE ROUXERVAAR SAAM!
Almal het gereeld inspirasie nodig. Om daardie drome in ons weer nuwe lewe te gee. Om die moeg en moedeloos te oorstyg met moed en motivering. Maar dis net die mense wat gereeld geïnspireer voel en word, wat wel daarin slaag.
ONS WIL JOU GRAAG INSPIREER OM DIE LEWE TE ERVAAR WAT Jóú INSPIREER. En jou kerk, organisasie, besigheid...
Ons tipe inspirasie is om mense te help floreer met ervarings ánderkant die gewone! Of jou besigheid of organisasie te help floreer om méér as net die alledaagse te wees!
TO INSPIRE YOU TO LIVE THE LIFE WHICH INSPIRES YOU. To creatively encourage and empower you to have experiences of being really alive!
En jy ander kan inspireer om ook só te leef!
ONLANGSE BLOG ARTIKELS
Die wonder-werk van goeie kommunikasie!
Ek het onlangs 'n boek klaar geskryf oor wonderwerke, en hoe meer ek oor kommunikasie gesels, hoe meer dink ek dis 'n wonder dat
Read MoreHet jy hierdie TWEE BENE?
Dis nou nie bedoel dat jy met 2 bene in Israel met ons saam loop nie - maar as jy wil en kan, kry
Read MoreKersdag en ‘n Israel Pelgrimsreis
Om mense saam te neem na Israel, en natuurlik self te gaan, bly vir ons 'n persoonlike roeping. Want elke keer is dit vir
Read More
WATTER INSPIRASIE HET JY NODIG?

Toere
Om saam te reis, verbreed en verdiep jou God-ervarings en laat jou wonderlik groei! Ons bied gereeld oorsese toere aan om meer hiervan te beleef. Kom reis saam!

Inspirasie Optredes
Jannie inspireer gereeld besighede/organisasies/kerke met relevante temas - sê net wat is jou/julle behoefte.

Preke en Praatjies
Hier kan jy van Jannie se preke en praatjies op video sien. Nooi hom om 'n relevante inspirerende preek en praatjie aan te bied!

Boeke
Outeur van verskeie boeke - hier is van die boeke wat nog beskikbaar is. Jannie het onlangs nog oor leierskap geskryf en hou sy blog dop vir nog inspirasie!

Opleiding en Fasilitering
As lektor vir 'n buitelandse Universiteit sowel as kursusaanbieder. Jannie doen dit doelgerig vir jou besigheid of organisasie.

Redigeer en Proeflees
Wilma het verskeie boeke en artikels geredigeer, asook samesteller prys gekry. Sy is in aanvraag, so kontak haar.

Huwelike bevestig
'n Voorreg om een van 'n paartjie se mooiste oomblikke te bevestig in 'n huwelik. Maak betyds kontak sodat ons inligting kan stuur.

Coach
'n Een tot een ontdekkingsreis om jou of jou span te help om meer te floreer. Jy kan ook by ons tuisgaan vir intensionele mentoring.