Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

TOUR WITH US! / TOER SAAM!

Dit lyk altyd so idillies mooi waar mense reis. Is dit nou jou beurt om saam te ontdek en te beleef? / It always looks so idyllically beautiful where people travel. Is it now your turn to discover and experience it too?

Diegene wat al saam met ons ‘n toer beleef het, getuig gereeld dat dit hulle lewe verander het! / Those who have already experienced a tour with us often testify that it changed their lives!

Om saam te reis, verbreed en verdiep jou ervarings! Dit inspireer jou! Dit lig jou buite die grense van die gewone! / To travel together broadens and deepens your experiences! It inspires you! It lifts you beyond the boundaries of the ordinary!

Blaai tot heel onder sommige plekke te sien wat toerlede al saam met ons besoek het/ Scroll all the way down to see some destinations tour members have already visited with us.

Ons drie Oberammergau Passiespel toere van 2022 was in ‘n oogwink uitverkoop. Dit was so lekker om saam met wonderlike mense hierdie ervarings te deel. Daarna het ons Israel asook Istanbul (Turkye) in November besoek, fantasties! / Our three Oberammergau Passion Play tours of 2022 were sold out in the blink of an eye. It was such a joy to share these experiences with wonderful people. After that, we visited Israel as well as Istanbul (Turkey) in November—fantastic!

As jy wil luister hoe Jannie met Lizelle de Bruyn op RSG gesels oor ons Israel toere, kliek HIER.

OPWINDENDE MOONTLIKHEDE 2026  Exciting Possibilities

ONS HET SO PAS TERUGGEKEER NA ‘N WONDERLIKE 14-Dag MEDITERREEENSE TOER (Griekeland, Turkye & Italië + Santorini) met 7 NAGTE SEEVAART en 2 Nagte in Santorini gedurende April 2025…MET FANTASTIESE MENSE! / We have just returned from a wonderful 14-day Mediterranean tour (Greece, Turkey & Italy + Santorini) with 7 nights at sea and 2 nights in Santorini during April 2025…WITH FANTASTIC PEOPLE!

En ons vertrek binnekort op / Soon we will travel: 

CHRISTMAS LIGHTS & ALPINE HEIGHTS
France, Switzerland & Italy – November 2026
Ervaar die Betowering van Europa se Mooiste Seisoen!

Kliek HIER om ons te kontak en die info te kry Click here for more info

UITVERKOOP! – 2026: TURKYE, ITALIë, GRIEKSE EILANDE 15 DAG TOER (Per bus asook 7 NAGTE SKEEPVAART) / TURKEY, ITALY, GREEK ISLANDS – 15-DAY TOUR (By bus as well as 7 nights of cruising)

Die reise wat ons saam met ons mede-pelgrims aanpak, bring gereeld die ervaring van WOW!, of soos ons kinders sê: “awesome!” Op ‘n besondere manier word ons liggaam, siel en gees aangeraak en verryk. Dikwels lei dit tot ‘n verandering van perspektief en gee weer moed om met verwondering die lewe as ‘n unieke reis saam met Jesus te beleef.

Om te reis maak ons oë oop vir nuwe ERVARINGS VAN GOD… 

 

Ons begelei vanaf 1997 mense op ‘n reiservaring met God, veral na ISRAEL.

Hierdie foto van Jerusalem het ons ‘n tyd gelede geneem… en jy kan  ook as jy saamgaan vanaf daardie plek hierdie ervaring kry…

Hier onder sal jy enkele foto’s sien van ons vorige toere…

En wat ander van ons toerbegeleiding sê…

Ons begelei vanaf 1997 mense op ‘n reiservaring met God, veral na ISRAEL.

2019

Einde Maart was ons en 39 ander op nog ‘n wonderlike reis na Istanbul in Turkye, Petra in Jordanië, en Israel.

Begin op ‘n koue oggend in Istanbul met vaart op die Bosphorus.

Lekker om die wêreld te bekyk met ‘n koppie warm cappuccino.

En ‘n besoek aan ondergrondse “cistern”, Topkapi Paleis en baie meer. Hier is die Hagia Sophia.

 

‘n Besoek aan Istanbul moet altyd die Grand Bazaar met meer as 4000 winkels insluit!


Toe na Jordanië.

Wilma voor een van die indrukwekkende Petra-geboue in Jordanië – Lost Red Rose City of Petra.

Vanaf die Berg Nebo kan jy op ‘n mooi dag Jerusalem sien. Dis van hier waar Moses die Beloofde Land kon sien.

Met hierdie uitsig by Jericho sien jy die Berg van Versoeking. In die rigting waarin Wilma kyk, is ‘n ander versoeking: Winkel vol lekker eetgoed en geskenke!

Dit was interessant om hierdie tabernakel in die woestyn te beleef – volgens die presiese Bybelse afmetings en voorskrifte.

En al was dit koel, heerlik om weer te dryf in die Dooie See.

By Caesarea Maritima met die ruïnes van die imposante bouwerk deur Herodus die Grote laat doen. By hierdie Caesarea het Petrus die eerste bekeerling uit die nie-Jode, Cornelius ‘n Romeinse offisier, gedoop.

Onthou jy Maria Magdalena? Hier is Magdala.

By die See van Galilea, foto van ons hier vanaf Tabgha geneem. Hier het Jesus o.a. ‘n menigte kos gegee.

Vanaf ons boot op die See van Galilea ‘n ander ene afgeneem.


Ons toergroep wat wonderlike vriende geword het!

Lekker om ‘n slag reën in Jerusalem te ervaar.

‘n Laaste cappucino – by “Peter in Gallicantu”.

Die Heer het opgestaan!

2017 Rome, Venesië, Bootvaart Kroasië en Griekse Eilande, Israel

In 2017 was ons op ‘n stadstoer in Rome (hier by die Vatikaanstad),

 

en natuurlik die Trevi-fonteine (Wilma gooi hier weer ‘n muntstuk oor haar skouer soos in 2000 – hulle vertel as jy dit doen, gaan jy Rome weer sien – in ons geval nogal eers na 17 jaar! (Let wel ons glo nie in sulke goed nie, net as grap bedoel!).

Die Kolosseum bly altyd indrukwekkend!

Toe na Venesië vir oornag…

en die volgende dag op ons bootvaart na Kroasië en die Griekse Eilande asook Ancona in Italië.

Split in Kroasië.

Santorini Griekse Eiland.

Aandbesoek in Mykonos.

Heerlik op die MSC Sinfonia.

Dubrovnik in Kroasië.

TOE VLIEG ONS NA ISRAEL…

Jerusalem

Die Cardo in Joodse deel in Jerusalem.

En die Tuingraf waar op die deur staan: He is not here, for He is risen.

Daar is natuurlik baie meer foto’s, maar die beste bly die belewenisse, vriendskappe, aanrakings deur God!

2015…

Dubai W

 

In 2015 het ons toergroep tyd bestee in Dubai…

Daarna Athene – en toe ‘n wonderlike bootvaart tussen die Griekse Eilande en Turkye beleef.

Athene W

Akropolis

Mykonos

Mykonos

Patmos W

Patmos

Santorini W

Santorini

Rhodos W

Rhodos

Kushadasi W

Kusadasi

En so ook ‘n hele aantal ander toere voor hierdie datums, soos onder andere die PASSIESPELE IN OBERAMMERGAU wat net elke 10 jaar gebeur – ONS NEEM WEER MENSE NA OBERAMMERGAU IN 2022 en na ISRAEL-ISTANBUL in 2021 – KONTAK ONS!

Daarna het ons gevlieg vir ‘n vinnige ekskursie in Istanbul

Bosphorus Bootvaart

met ‘n bootvaart in die aand op die Bosphorus..

 

 

 

 

Toe in ISRAEL IN DIE SPORE VAN JESUS geloop

Klaagmuur Jerusalem W

Klaagmuur in Jerusalem

Tuingraf Jerusalem J en W

Tuingraf in Jerusalem

Straattoneel Jerusalem

Straattoneel in Jerusalem

Ons terugvlug was vanuit Jordanië, maar eers draai by die Dooie See vanaf Jordanië.Dooie See Jordanië

Terugvoer na ons toere (die bladsy gaan te lank word as ons alles moet insit, so bly mense waardeer hierdie Godservaring):

Nou weer:

Ons het die toer baie geniet – veral die geestelike perspektiewe en verryking wat dit meegebring het.

Ons is baie tevrede met hoe julle julself van die groot taak as toerleiers gekwyt het – veral julle geestelike aanslag was baie spesiaal. Ons waardeer alles regtig baie.

Roy & Linette

Ek kan nie glo dat ek al ’n jaar lank uitgesien het na die Pelgrimsreis na Israel en toe amper nie gegaan het nie…Baie dankie Jannie dat jy my oortuig het in my twyfel en desperaatheid om wel saam te toer en dat jy Sharlene aan my voorgestel het om haar na hierdie vreemdeling in haar eensaamheid te ontferm—wonderlik om ’n nuwe geesgenoot in Jesus te he! 

Die toer was baie meer as wat ek verwag het en so ongelooflik verreikend. Was so lekker om in Afrikaans te kuier en te sing( al kan ek nie sing om my lewe te red nie!), nagmaal te kon vier en die Geloofsbelydenis weer in Afrikaans te bely….kan nie onthou wanneer laas ek dit in Afrikaans gehoor of gesê het nie, en soveel meer.

Laat my weet indien julle enigsins ’n kansellasie het vir die Oberammergau deel van julle toer in Julie 2020—sal graag dit ook wil beleef. 

Lourene (Canada)

Nota: Sy het ingeskryf! Jy kan ook HIER.

Dis ons wat baie dankie moet se vir jou en Wilma, dankie dat julle  saam met ons die pad geloop het, dankie vir julle Geduld en liefde wat julle vir ons gehad het as ons agter geraak het. Die toer was vir ons twee ‘n wonderlike ervaring, ons was baie seer en moeg, maar dit was alles die moeite werd. Ons het  gegroei in ons geloof, en ons liefde vir mekaar, dit was ‘n ervaring wat ons nader aan ons Here gebring het, en  ook nader aan mekaar. Ek dink elke dag terug aan elke ervaring, en wens so ek kon op van die plekke langer bly.

Marian

Jannie en Wilma julle het die toer vir ons baie maklik gemaak met jul kennis en ervaring. Ek het regtig baie veilig en geborge gevoel baie danki daarvoor.

Dit was n besonderse ervaring wat n wonderlike groep christene warm omgee… Familie in Christus. 

Ek dink jy gaan meer vrystaters in die toekoms op die toere kry

Gods rykste seen julle is n pragtige paartjie Eks baie lief vir julle 

Groete diep uit my hart 

Hermie 

En vantevore:

“Ja, die 2 weke se saamloop doen net iets aan ‘n groep mense. Ek het nooit gedink dit kan mens so saambind nie. Julle almal is gedurig in my gedagtes en ek beleef so baie dinge kort kort weer oor.” En ’n ander: “Ons wil net vir julle baie baie dankie sê vir die heerlike en Geesvervulde en ook ontspanne toer, dit was so ’n lekker belewenis en Israel sien my beslis weer…”

Nog een: Ek kan nou nog nie glo dis so vinnig verby en tog voel dit aan die ander kant of ons jare lank saam getoer het. Ek voel baie bevoorreg om saam met julle twee as ons toerleiers  te kon gaan.  Julle entoesiasme,  liefde, aanvaarding, energie en humorsin was vir my aansteeklik en het vir my die toer onvergeetlik gemaak. Als was so georganiseerd en julle het regtig baie moeite gedoen met praktiese reëlings en deurgaans inligting deurgegee voor en tydens ons toer om als so moeiteloos te maak.  Daar was ook nooit een oomblik waarin ek nie veilig en deel van ‘n span gevoel het nie. Ek kon waarlik jul liefde vir Jesus en veral Jesus se liefde vir jul, sy kinders tasbaar voel.” 

AS JY SAAM WIL BELEEF, KONTAK ONS ASSEBLIEF GOU!

PLACES WE VISITED WITH OUR TOURS:

Belgium (Zeebrugge)

Czech Republic (Prague)

Germany (Bonn, Boppard, Ettal, Köln, Munich, Vienna,)

Egypt (Cairo)

Engeland (London)

Ethiopia (Addis Ababa)

France (Paris, Cannes – French Riviera)

Greece (Athens)

Greek Islands (Chania, Crete, Mykonos, Patmos, Rhodos, Santorini)

Hungary (Budapest)

Israel (Betlehem, Caesarea, Capharnaum, Dead Sea, Jericho, Jordan River, Jerusalem, Masada, Nazareth, Sea of Galilee, Timna Park, Tel Aviv, Tiberias, Qumran)

Italy (Albavilla, Amalfi, Ancona, Bari, Civitavecchia, Genoa, Lake Como, Lake Garda, La Spezia – Cinque Terre, Merano, Milan, Rezzato, Rome, Sorrento – Amalfi coast, Pompeii, Trento, Varena, Venice)

Jordan (Petra, Amman)

Croatia (Split, Dubrovnik)

Madagascar (Tananarive)

Montenegro (Kotor)

Netherlands (Amsterdam)

Oberammergau Passion Play  in Oberammergau (Bavaria, Germany)

Austria (Ettal, Innsbruck, Klagenfurt, Neuschwanstein, Salzburg, Vienna)

Qatar (Doha)

Spain (Barcelona, Palma de Mallorca)

Switzerland (Lucerne, St Moritz)

Turkey (Ephesus, Hierapolis, Istanbul, Izmir, Kusadasi, Laodicea, Pamukkale, Pergamum, Philadelphia, Smyrna, Sardis, Thyatira)

United Arab Emirate (Dubai)