Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

VIDEO’S

BLITS-INSPIRASIE! is Jannie se baie kort inspirerende gedagtes gebaseer op die lewe en die Skrif – gewoonlik net 1 ½ minuut – video’s.

Dit het begin toe Wilma se skoolvriende na ‘n reünie (hulle was in Upington op skool) tydens die Covid-19 Lockdown vir haar gesê het om vir Jannie te vra om elke dag vir hulle iets inspirerend te stuur. Hier is dit…

  1. As jy die Blits-Inspirasie! elke aand direk op jou selfoon wil ontvang – Maandae tot Vrydae – stuur vir Wilma jou naam en selfoon nommer sodat ons dit op die WhatsApp groep kan plaas. Onthou om as jy die video ontvang, haar selnommer onder jou kontaklys te “save” sodat jy gereeld die video’s kan ontvang.
  2. As jy kan, teken ook in op ons die YouTube kanaal deur te “like” en “subscribe”.
  3. Stuur asb. aan na ander sodat die goeie nuus kan versprei – ons sal dit waardeer as jy op hierdie manier ‘n waardevolle medewerker in die Koninkryk word. Baie dankie!
  4. O ja, ons het ‘n Facebook blad begin waarop ons inspirasie, toere en so meer laai. Om op hoogte te bly en saam te beleef, gaan “follow” asseblief die Facebook blad. Shalom!

Hier is sy eerste video van Blits-Inspirasie!