Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

5 Fases van omval tot OORWINNING

Van Omval tot Oorwinning – Die Kuns om Weer Op te Staan

Die lewe het ‘n manier om ons almal soms te laat struikel en val. Soos Theodore Roosevelt gesê het, behoort die eer nie aan die kritikus wat langs die kant staan nie, maar aan die persoon wat in die arena is – die een wie se gesig deur stof, sweet en bloed gekenmerk word. Die ware oorwinning lê in die moed om weer op te staan en aan te hou probeer!

Hier is vyf kragtige fases om van omval na OORWINNING te beweeg, soos in gesprek met RSG (skakel hier onder):

  1. VAL – Begin deur die realiteit te aanvaar. Stop met ontkenning en erken eerlik waar jy jouself bevind. Al is dit moeilik vir ons ego om te erken dat ons geval het, is hierdie eerlikheid met jouself die eerste stap na herstel.
  2. VERWAGTING – Die lewe volg nie altyd ons beplande roete nie. Soms moet ons ons verwagtinge aanpas by nuwe realiteite. Soos met die Covid-19 pandemie, leer ons dat aanpasbaarheid noodsaaklik is. Elke struikelblok bied ‘n geleentheid om nuwe moontlikhede te ontdek.
  3. VRA – Leer om die regte vrae te vra. Vra vir God se leiding. Vra jouself: Wat kan ek beheer? Wie kan help? Watter sterkpunte het ek? Wat het voorheen gewerk? Die kleinste aksie kan die begin van ‘n groot verandering wees. Soos Jesus gesê het: “Vra, en vir julle sal gegee word.” (Vgl. Matteus 7:7,8).
  4. VASBERADE – Dit gaan oor die onwrikbare gesindheid om vorentoe te beweeg, ongeag hoe jy voel. Trek jou skouers terug, haal diep asem, en neem aksie. Soos God vir Josua in Josua 1:1-9 aangemoedig het om sterk en vasberade te wees, moet ons ook daardie innerlike krag by God vind om aan te hou.
  5. VERWESENLIK – Wanneer jy die nuwe uitkoms bereik, vier dit met dankbaarheid. Al lyk die oorwinning dalk anders as wat jy verwag het, vertrou dat dit presies is wat God vir jou beplan het.

Die belangrikste is om te onthou dat ons nie slagoffers is wanneer ons val nie – ons word “lofoffers” wanneer ons opstaan en weer probeer. Romeine 8:37 herinner ons dat ons “meer as oorwinnaars” is deur God se liefde.

Net soos atlete by die Olimpiese Spele, is die ware prestasie nie net in die wen nie, maar in die deelname – in die bereidwilligheid om in die arena in te stap. Elke keer wat jy opstaan na ‘n val, elke keer wat jy aanhou probeer ten spyte van struikelblokke, is jy reeds ‘n wenner.

Die pad van omval tot oorwinning begin nie met perfekte omstandighede nie, maar met die besluit om weer op te staan, een tree op ‘n slag, met God aan jou sy.


Na ‘n lang tyd van herstel na sy rugoperasie, is Jannie nou weer beskikbaar vir praatjies, kursusse en life coaching.  Hy gee klas as professor oor Human Flourishing, en bied dit op sy inspirerende manier “gebruikersvriendelik” aan met die tema: Fokus en FLOREER! Stuur  ‘n “reply” e-pos as jy hom wil bespreek vir ‘n geleentheid, of die volledige kursus. Inspirerende Life coaching word in persoon gedoen waar gereël, of per videocall. Gebruik selfde epos adres om navraag te doen.


LUISTER HIER na Jannie by RSG Binnekamer – Lizelle de Bruin wat met Jannie gesels het oor  hierdie onderwerp.


*BOEK: Om wonderwerke raak te sien en daarom te kan wens en waag. Lees Hoofstuk 1 hier.  Jy kan hier Jannie se Die 42 Wonderwerk! boek bestel.

In Die 42 Wonderwerk! boek van 302 bladsye lees jy hoe om óór grense te gaan na ánders… Dis die verhaal van persoonlike ervaring, positiewe sielkunde, neuro-wetenskaplike navorsing, teologie én Goddelike Verrassings wat saamvleg in die verwondering dat wonders tog nog moontlik is!

**GRATIS:Inspirasie!Gedagtes vir 52 weke – Jy kan dit HIER kry.


*Toer saam in 2026? Jy kan die inligting HIER kry.


*Inteken: Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres janniewilma@inspiregurouxmedia.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die “Junk Email” verdwyn nie.


**Share/Nooi: As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf! Jy mag dit Share. Forward dit en Cc janniewilma@inspiregurouxmedia.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.


Indien jy nie meer belangstel om die nuusbrief te ontvang nie : Kanselleer hier/Unsubscribe here