Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

VRYWARING & BESKERM VAN INLIGTING

Hoewel dr. Jannie en Wilma le Roux dit ten doel stel om akkurate, relevante asook die nuutste inligting en navorsing in die blog sowel as nuusbrief weer te gee, moet dit nie gebruik word as plaasvervanger vir behoorlike mediese, regshulp, sielkundige of professionele advies deur geregistreerde praktisyns nie. Jou keuses bly jou eie verantwoordelikheid en dr. Jannie en Wilma le Roux asook enigiemand wat met hulle of hierdie blog of nuusbrief geassosieer word, kan nie verantwoordelik gehou word vir jou keuses, aksies en reaksies nie. Elke situasie het ‘n unieke konteks en spesifieke professionele advies moet dus deur jou gekry word vir jou spesifieke behoefte. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies of skade wat mag kom deur jou navolg van die informasie nie.

Die gebruik van enige inhoud of produk van hierdie blog of nuusbrief is op eie risiko. Sekere skakels (“links”) of advertensies word voorsien as ’n gerief vir die leser en impliseer nie ’n verantwoordelikheid of endossement vir die gekoppelde webtuiste of produk nie. Sommige van die skakels of advertensies of produkte mag ’n finansiële voordeel vir dr. Jannie en Wilma le Roux inhou (soos bv. boekverkope).

Hierdie blog, nuusbrief, inhoud en produkte word verskaf “soos dit is” (“as is”- Eng) sonder enige waarborge van enige aard (tensy anders vermeld). Enige dispuut wat ontstaan as gevolg van die gebruik van hierdie blog of nuusbrief is onderhewig aan die wette van die Republiek van Suid-Afrika en die uitsluitlike jurisdiksie van die howe van die Republiek van Suid-Afrika.

Eposadresse voor 1 Julie 2021 is verkry deur diegene wat inteken, of by die kursusse was wat hy aanbied, sowel as die eposadresse wat deur jou vriende verskaf is, asook eposse wat in dr Jannie en Wilma le Roux se eposadreslys verskyn soos jy óf met hom kontak gemaak het, óf hulle ingesluit is by ‘n epos wat sy eposadres ingesluit het saam met ander se eposadresse, óf jou epos verskyn het op Facebook. Omdat dr Jannie en Wilma le Roux ook nie hou van gemorspos (“spam”) en die stuur van hierdie nuusbrief nie kwaadwillig bedoel is nie, sal jou eposadres dadelik van die inskrywingslys verwyder word sodra jy kanselleer (“unsubscribe”) via die skakel op die nuusbrief, of deur ‘n epos na jannie@inspireguroux.com te stuur met “Unsubscribe” of iets soortgelyks in die onderwerp lyn.

POPIA EN INSPIRASIE! KOMMUNIKASIE
Dis vir ons ‘n groot voorreg om ons Inspirasie!-roeping met jou en ander te deel soos God ons lei. Volgens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (“POPIA”) moet ook ons Blog en WhatsApp groepe vanaf 1 Julie 2021 voldoen aan die vereistes.

Ons wil jou verseker dat jou dataprivaatheid vir ons ‘n hoë prioriteit is. Ons hou dit privaat asook veilig en deel dit met geen derde party (ander persoon of organisasie) nie. Jou persoonlike informasie sal net gebruik word om vorme van Inspirasie! met jou te kommunikeer (soos die nuusbrief, dagstukkie videos, videos, toere, opkomende kursusse, dankie-brief na bydrae, ens.).

Wanneer dienste deur toepaslike tussengangers gelewer word, soos byvoorbeeld skakels om aankope te doen, moet die gebruiker van sulke skakels bewus wees dat elke webwerf van derdepartye sal verskil ten opsigte van jou data en privaatheid se beskerming. Ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir die inligting wat deur jou aan sodanige tussenganger verskaf word nie. Ons behou ook die reg voor om ons privaatheidsbeleid te eniger tyd sonder kennisgewing te verander, maar dit sal altyd binne die geldende wetsvereistes wees.

Indien jy wil voortgaan om Inspirasie!-kommunikasie te ontvang, hoef jy niks te doen nie. Ons aanvaar dat jy dan toestemming gee dat jou inligting veilig gestoor mag word en kry jy gereeld Inspirasie!
Indien jy egter van ons lys afgehaal wil word, stuur eenvoudig ‘n epos na jannie@inspireguroux.com met die woord “Unsubscribe” of iets soortgelyks in die onderwerp lyn, of volg die skakel wat onderaan ons epos kommunikasie verskyn. Dan word word jou besonderhede van die databasis afgehaal. Dit staan jou in elk geval vry om te enige tyd aan te dui dat jy nie meer kommunikasie van ons wil ontvang nie.

Gebruik, verspreiding, kopiëring, herverdeling van die materiaal hierin vervat is toelaatbaar as die kopiereg van dr. Jannie le Roux erken word sowel as sy blogadres www.inspireguroux.com en kontakdetail jannie@inspireguroux.com verskaf word. Alle kopiereg word voorbehou. Jy mag wel die nuusbrief gratis versprei en ander nooi om dit ook te ontvang. So wil ons graag help dat mense meer gelukkig en oorvloedig sal leef soos Jesus beloof.