3 Maniere om jou PYN te GEBRUIK!
Ons almal ken pyn – fisies, emosioneel of geestelik. Dit is deel van die menslike ervaring en tog doen ons alles in ons vermoë om dit te vermy. Ons wil vinnig genees of dit doodleef met afleiding.
Maar wat as pyn juis nie net ’n vyand is nie?
Wat as PYN ‘N DEUR OF BRUG KAN WEES na GROEI, BETEKENIS, OF SELFS KREATIWITEIT? Hier is drie maniere om jou pyn te gebruik en dit te verander in iets wat jou vorentoe neem.
- Vind BETEKENIS in jou pyn
Die Oostenrykse psigiater Viktor Frankl het tydens sy tyd in konsentrasiekampe geleer dat die menslike gees selfs in die mees ondraaglike omstandighede betekenis kan vind. Hy skryf dat dié wat ’n “waarom” het om voor te leef, amper enige “hoe” kan verduur (Frankl, 1946). Hierdie insig herinner ons dat pyn nie net ’n einde hoef te wees nie, maar ’n nuwe begin kan word. Wanneer jy jouself vra: Wat kan ek leer? Wat word in my gevorm deur hierdie pyn?, begin jy jou ervaring herinterpreteer. Pyn word dan nie net ’n wond nie, maar ook ’n wonderwyser.
- Maak jou kwesbaarheid ’n KRAG VIR KONNEKSIE
Baie mense glo dat pyn en broosheid weggesteek moet word. Ons word geleer om sterk voor te kom, selfs al breek ons van binne. Maar soos Brené Brown (2012) aantoon, is ware moed nie die ontkenning van kwesbaarheid nie, maar die erkenning daarvan. Wanneer ons ons pyn eerlik deel, word dit ’n uitnodiging tot egte menslike kontak. Deur ons seer nie weg te steek nie, maar dit te gebruik om ander te verstaan en te bemoedig, verander ons pyn in kragtige konneksie. Hierdie soort egtheid maak nie net jou verhoudings dieper nie, dit bring ook genesing vir jouself.
- Ontgin GROEI EN KREATIWITEIT uit pyn
Navorsing wys dat pyn en trauma dikwels lei tot posttraumatiese groei – ’n proses waar mense sterker, wyser en meer veerkragtig uit moeilike tye te voorskyn kom (Tedeschi & Calhoun, 2004). Die worsteling self wek nuwe perspektiewe en help ons om anders na die lewe te kyk. Scott Barry Kaufman (2016) beklemtoon dat kreatiwiteit dikwels uit hierdie soort innerlike worsteling gebore word. Selfs stres, wat ons dikwels slegs as negatief sien, kan positiewe uitkomste hê as ons leer om dit reg te benader. Kelly McGonigal (2016) toon dat mense wat stres as ’n uitdaging eerder as ’n bedreiging sien, gesonder en meer veerkragtig is. Jou pyn kan dus die katalisator wees vir nuwe idees en energie, asook ’n dieper waardering van die lewe.
Pyn is nooit aangenaam nie, maar dit hoef nie nutteloos te wees nie.
Ons kan kies om dit te gebruik as grondslag vir betekenis, as ’n geleentheid vir eerlike verbondenheid, en as ’n goudmyn van groei en kreatiwiteit. Ons ontdek dat pyn die sleutel kan wees tot ’n voller, ryker lewe. Maklik? Nee. Moontlik? Sowaar!
Belangrik: Indien jou pyn jou chronies angstig en depressief maak, gaan asseblief dadelik vir mediese en terapeutiese hulp.
*TOER jou DROOM?*
TURKYE, ITALIë, GRIEKSE EILANDE: BUS & SKEEPVAART
Nuwe ervarings, reis, avontuur, ontdek, ontspan, proe, eenkeer-in-jou-lewe ervaring… Gereed? 80% van die ons bespreekte kajuite is reeds bespreek!!!
Ons nooi jou uit om in Junie 2026 saam met ons op ’n 15-dae onvergeetlike avontuur te gaan – ’n perfekte kombinasie van ’n busreis deur Turkye se historiese skatte asook die gemeentes wat in Openbaring genoem word plus ’n 7-nagte Mediterreense see-vaart na Marmaris (Turkse Riviera), Napels (Pompeii, Italië), Civitacecchia (Rome, Italië), Mykonos (Griekse Eilande). Van die betowering van Istanbul tot die bekorende Italië asook idilliese Griekse eilande, is hierdie reis ’n viering van kultuur, geskiedenis, natuur en geloof.
Sowaar net 2 kajuite oor!
Ons begelei al sedert 1997 toere om mense wonderlike God-ervarings te laat beleef.
Gaan na https://inspireguroux.com/contact-us-for-tours/ en vul jou kontakbesonderhede in op die blad wat oopgaan op ons webtuiste. Jy sal dan outomaties ‘n e-pos met die program, pryse, wat in- en uitgesluit is, ons kontak details ens. ontvang.

Verwysings wat vir artikel gebruik is:
- Brown, B. (2012). Daring Greatly: How the Courage to Be Vulnerable Transforms the Way We Live, Love, Parent, and Lead. Gotham Books.
- Frankl, V. E. (1946). Man’s Search for Meaning. Beacon Press.
- Kaufman, S. B. (2016). Wired to Create: Unraveling the Mysteries of the Creative Mind. Perigee Books.
- McGonigal, K. (2016). The Upside of Stress: Why Stress Is Good for You, and How to Get Good at It. Avery.
- Tedeschi, R. G., & Calhoun, L. G. (2004). Posttraumatic growth: Conceptual foundations and empirical evidence. Psychological Inquiry, 15(1), 1–18.
*Inteken: Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres janniewilma@inspiregurouxmedia.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die “Junk Email” verdwyn nie.
**Share/Nooi: As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf! Jy mag dit Share. Forward dit en Cc janniewilma@inspiregurouxmedia.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.
Indien jy nie meer belangstel om die nuusbrief te ontvang nie : Kanselleer hier/Unsubscribe here
