Wees ‘n Handelaar in Hoop!
Vanjaar het ek met Lizelle van RSG gesels oor die kragtige beginsel: jy hoef nie te wag vir ‘n politieke leier of die perfekte omstandighede om hoop in jou lewe te bring nie. Jý kan self die handelaar in hoop word – vir jouself, jou gesin, jou werkplek en jou gemeenskap. Die gedagte kom van Napoleon Bonaparte se bekende woorde: “A leader is a dealer in hope.”
Die praatjie oor die radio het drie praktiese beginsels vir 2026:
1. Karakter gee krag Selfleierskap begin met ‘n keuse – jy weier om ‘n slagoffer van omstandighede te wees. Integriteit, volharding en eerlikheid, selfs wanneer niemand kyk nie, is die fondament wat jou dra in moeilike tye. Dr Anna Mokgokong word as inspirerende voorbeeld genoem – ‘n vrou wat uit eenvoudige omstandighede gekom het, maar deur karakter en moed ‘n suksesvolle sakeleier geword het.
2. Vervulling gee vloei Ware sukses sonder betekenis lei tot uitbranding. Vervulling kom wanneer jou lewe, werk en verhoudings in harmonie is – wanneer jy jou gawes gebruik om ander te dien, nie net vir persoonlike wins nie. Johannes 10:10 herinner ons: God wil hê ons moet floreer, nie net oorleef nie.
3. Waarom gee waarheen ‘n Duidelike “waarom” – jou roeping en doel – gee jou lewe rigting. Soos Moses wat deur veertig jaar woestyn volhard het omdat hy ‘n visie gehad het, so kan ‘n betekenisvolle doel jou dra deur enige uitdaging.
Praktiese uitdaging vir vandag: Skryf drie dinge neer – hoe jy karakter gaan bou, hoe jy vervulling gaan nastreef, en wat jou “waarom” is. Hang dit iewers sigbaar op as daaglikse herinnering.
Jy is nie ‘n slagoffer nie – jy is ‘n handelaar in hoop!
Jy kan die volledige praatjie hier luister: Inspirasie vir 2026 – Binnekamer – Omny.fm
*Inteken: Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres janniewilma@inspiregurouxmedia.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die “Junk Email” verdwyn nie.
**Share/Nooi: As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf! Jy mag dit Share. Forward dit en Cc janniewilma@inspiregurouxmedia.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.
Indien jy nie meer belangstel om die nuusbrief te ontvang nie : Kanselleer hier/Unsubscribe here
