Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Prof. Dr. Jannie en Wilma le Roux

Die naam van hierdie blog het begin toe RSG se een aanbieder Jannie begin bekendstel het as "inspirasie guru". Sy vriend Sarel het as grafiese ontwerper dit toe geneem en bietjie daarmee gespeel om die "le Roux" ook in te sit en vandaar Inspire GuROUX. Hy het ook die aanhalingstekens bygesit omdat hy reken dis wat ons doen, naamlik om inspirasie te kommunikeer!

Jannie sê oor homself: "Ek is passievol lief vir Jesus. Dis die wonderlikste ervaring om te weet: God het my lief! Daarom leef ek in verwondering oor God se liefde, is dol oor my gesin en oor nuwe uitdagings. En ek wil graag mense inspireer! Daar is soveel meer in jou en die lewe en die wêreld om te ontdek en te ervaar!"

Hoekom hierdie blog begin? "Drie redes: a. Mense het dringend inspirasie nodig. Baie voel vasgeloop of soek net daardie vlam wat die passievolle vuur in hulle weer aanblaas. b. Na verskeie versoeke om meer gereeld van my skryfwerk te lees as net die gepubliseerde boeke, en selfs ook my preke en inspirasiepraatjies te hoor, het ek gedink - miskien kan dit iemand help om meer geïnspireerd te leef of ten minste inspirasie te behou. c. Die derde rede is gewoon uit dankbaarheid. Nadat ons 'n baie sleg tyd in ons lewe beleef het - ek het daaroor geskryf in Ten Spyte Van Tsunami's - het ek besef ek is besig om my gevoel van geluk te verloor. En ek is normaalweg 'n heel jolly outjie. Toe doen ek navorsing oor geluk en skryf ook 'n dagboek Sê Ja Vir Geluk! Toe begin daar die wonderlikste wonderwerke. En ek beleef ons lewe as deel van 'n Divine Conspiracy (ek het die titel van Dallas Willard se boek geleen om te beskryf wat met ons aan die gebeur is), en hopelik sal die lesers iets van hierdie verwondering in die blog lees."

Jannie tree gereeld op as prediker, motiveringspreker en aanbieder van leierskap- en ander kursusse. As coach en fasiliteerder het hy al so baie mense en organisasies gehelp met nuwe hoop en rigting. Hy is ook skrywer. Hy word gereeld gehoor by RSG en Radiokansel oor die radio waar hy inspirasie deel. Ook in verskeie televisieopstredes by Kruiskyk. Die program Sondagjoernaal het hom al meermale die "geluksghoeroe" genoem. Hyself lag daaroor en sê: " Ek wil graag ander inspireer om meer vreugde en vryheid, vervulling en vrede te ervaar, met ander woorde te floreer!, sodat hulle saam die wêreld 'n beter plek kan maak!

Daarom begelei Jannie en Wilma ook sedert 1997 gereeld toere na plekke waar mense meer van God kan beleef en anderkant hul eie grense of beperkings te gaan. Plekke soos Jerusalem, See van Galilea, die Tuingraf om maar enkeles in Israel te noem. Ook Venesië, Rome, Parys, Amsterdam, Athene, Mykonos, Dubrovnik, Lucerne, Split, Kaïro, Dubai, London, Istanbul, Milaan, Innsbruck, Madagaskar, Namibië, Zimbabwe en die besoek aan die Passiespele in Oberammergau (lg. elke 10 jaar) het juwele vir die lewe in oorvloed!

Wilma was tot onlangs VBO-koördineerder by Communitas waar sy predikante se CPD-punte en kursus koördinering behartig het. Sy is 'n bekwame redigeerder asook samesteller vir boeke. Sy het vir verskeie van die groot uitgewershuise werk gelewer, soos CUM-uitgewers, Carpe Diem Media asook BybelMedia en LuxVerbi. Ook onafhanklike redigeerwerk gedoen vir selfpubliseerders. Sedert 1991 het sy ook Jannie se skryfwerk geredigeer. Sy was ook een van die gewilde Christen vroue-tydskrif FINESSE se redaksielede. Sy help ook vir Jannie as toerleier en saam vorm hulle 'n gedugte span waaroor toerlede graag getuig van die sorg en leiding wat hulle beleef. Naas die redigering en toerleier-wees, is sy tans hard aan die werk om die Inspire GuROUX blog en media te hanteer.

Onlangs het die volgende oor Jannie le Roux by Knowledge Resources verskyn (aangepas) (A.g.v. finansiële impak tydens Covid-19 het die Kerkraad intussen met Jannie onderhandel vir vervroegde aftrede en dit gee hom nou geleentheid om nog meer sy roeping uit te leef):

Freelancing now, but until 2020 Dr Jannie le Roux was minister at the Dutch Reformed Church in Gordon’s Bay, where he was a leader in vision and strategy, well known for inspirational preaching and creativity. He was also the leader of the team responsible for strategic transformation of the congregation. He served as chairman of the newly formed Synodic Committee for equipping, was a member of the moderamen of the Synod in the Western and Southern Cape, and been delegated to the General Synod of the Dutch Reformed Church.

Jannie is a prolific author with more than 50 book titles to his credit. Specialising in inspiration and motivation, leadership, spirituality, happiness, coaching and mentoring, he is in demand as a motivational speaker and consultant to both public audiences as well as private sector companies. As tour leader, he combines his love of travel and new experiences with facilitating groups of people to cross borders, discover their deepest potential, and connect to their highest purpose. He is a certified facilitator, and is frequently heard on the radio.

He completed an Honours degree in Psychology and his MTh and DTh at the University of Stellenbosch.

Happily married to Wilma, he enjoys coffee-shop moments with her as well as camping and touring. They have three children and a grandson. He recently sold his pottery wheel and oven, and aims to paint more often. Recently he and Wilma started a new adventure: entering 10-kilometre organised walks and runs.

Jannie is "avocational lecturer" van die Steinbeis Universiteit in Berlyn en bied globale MBA-klasse aan in "Human Resources" vir IBR School of Executive Management. Hy is ook opgelei in fasilitering.

Kontak gerus vir Jannie vir OPTREDES (jannie@inspireguroux.com) of vir Wilma oor TOERE by wilma@inspireguroux.com