Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

TYD VIR ‘N PELGRIMSREIS?!

Elke keer wanneer ons ‘n PELGRIMSREIS aanpak, raak die Here ons aan

Toerprogram prentjie

Ek en Wilma beleef God op hierdie reise en deel graag hierdie ervarings met ander. Die wonderlike is dat mense wat saam met ons reis, ook hierdie intiem persoonlike ervarings van God beleef.

Wilma skryf na 2013 se toer (Israel, Turkye en Patmos):

“Ons het so lief vir almal geword en mis al klaar die spontaneïteit, die grappies, die saam hoendervleis en trane ervarings van die aanraking van die Heilige Gees, die nuwe WOW’s… en die nommers…met elkeen se gesig daarby.”

En dis lekker om te hoor dat mense soos Rina sê: “…Die gemis van al die vriendelike gesigte is nogal groot. Nogmaals dankie dat julle alles vir ons so wonderlik gereël het – ons het dit werklik geniet! Julle is twee besondere mense en ons het werklik geniet saam met julle.”

Anita sê:“Ja ons is terug en ek mis jul en al die ander pelgrims wat my familie was vir 2 weke. Ek kan nou nog nie glo dis so vinnig verby en tog voel dit aan die ander kant of ons jare lank saam getoer het. Ek voel baie bevoorreg om saam met julle twee as ons toerleiers  te kon gaan.  Julle entoesiasme,  liefde, aanvaarding, energie en humorsin was vir my aansteeklik en het vir my die toer onvergeetlik gemaak. Als was so georganiseerd en julle het regtig baie moeite gedoen met praktiese reelings en deurgaans inligting deurgegee voor en tydens ons toer om als so moeiteloos te maak.  Daar was ook nooit een oomblik waarin ek nie veilig en deel van ‘n span gevoel het nie. Ek kon waarlik jul liefde vir Jesus en veral Jesus se liefde vir jul, sy kinders tasbaar voel.” 

Sovele mense vertel hierdie selfde verhaal van konneksie met God, intimiteit met Jesus, aangeraak deur die Gees. Wie weet, dalk is dit volgende keer jou beurt saam met ons?