Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

2 INGESTELDHEDE wat jou lewe beïnvloed

MINDSETIn Carol Dweck se boek MINDSET vertel sy dat haar navorsing bevind het dat ’n eenvoudige oortuiging (“belief”) oor jouself, elke aspek van jou lewe beïnvloed. Carol is by Stanford Universiteit professor in psigologie.

“Much of what you think of as your personality actually grows out of this ‘mindset’. Much of what may be preventing from fulfilling your potential grows out of it” skryf sy in haar inleiding.

Basies kom dit daarop neer: jy het of ’n “fixed mindset” of ’n “growth mindset”. ’n Vaste/gevange ingesteldheid of ’n groei ingesteldheid.

In die VASTE/GEVANGE INGESTELDHEID (“fixed mindset”), neem ons aan dat ons karakter, intelligensie, talente en kreatiewe vermoëns iets is wat ons nie kan verander nie.

Sulke mense dink:

* ek het net ’n sekere hoeveelheid intelligensie en talente.

* in elke situasie moet ek myself bewys, want sukses bevestig my aangebore eienskappe.

* ek moet mislukking vermy anders is ek nie so slim of goed nie.

* ek neem nie deel aan dinge wat my nie goed laat lyk nie.

* ek hou nie van terugvoer nie, want dit reflekteer negatief op wie ek dink ek is.

Elke situasie word geëvalueer volgens: Sal ek slaag of misluk? Sal ek slim of dom lyk? Sal ek aanvaar of verwerp word? Sal ek voel soos ’n wenner of ’n verloorder?

Maar: As ’n mens jouself chronies so moet bewys, mis jy mos die vreugde van die lewe!

40% mense het hierdie ingesteldheid. Maar die goeie nuus is: hulle kan skuif na ’n groei ingesteldheid. Natuurlik is daar altyd 20% mense wat nie kan besluit wat hulle wil wees nie – hulle kan gelukkig ook na ’n groei ingesteldheid beweeg.

Die 40% mense met die GROEI INGESTELDHEID:

* verwelkom uitdagings as geleenthede om te leer en meer te groei.

* moeite is die moeite werd, want dis ’n roete na bemeestering.

* as ek terugvoer kry, is dit positief, want dit help my verbeter.

* mislukking is nog pynlik, maar dit definieer my nie as persoon nie, want dit leer my hoe om dinge beter te hanteer en nuwe oplossings na te streef.

* ek hoef myself nie oor en oor te bewys nie, want die talente en vermoëns wat ek ontvang het, is net die begin vir my ontwikkeling en groei.

Mense met ’n groei ingesteldheid hanteer mislukkings en suksesse beter en is meer gemotiveerd en positief. Dis die groei ingesteldheid wat jou help om in die mees uitdagende omstandighede van die lewe steeds te floreer!

Kan jy dink hoe jy gaan floreer as jy die GROEI INGESTELDHEID VANDAG KIES, ÉN VIR GOD NOOI OM SAAM met jou te wees?

“En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk…”  (2 Korintiërs 9:8)