Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Hoe help ek iemand (myself?) om VORENTOE TE BEWEEG?

Eerstens moet die persoon (jyself) 100% VERANTWOORDELIKHEID aanvaar vir waar hy of sy nou is. Dis gewoonlik moeilik, want ’n mens se eerste gedagte is om ander mense of omstandighede te blameer. Hou op om te blameer. Neem self verantwoordelikheid vir waar jy nou is, want dan gaan jy begin leer hoe om vorentoe te beweeg. Natuurlik gebeur slegte goed met jou, maar waar jy nou is, is hoe jy gekies het om dit te hanteer. So neem volle verantwoordelikheid.

Tweedens moet jy ontdek of besluit wat is jou DIEPSTE MOTIVERING. Jy beweeg vorentoe omdat dit vir jou ’n oortuigende MóéT is. My diepste motivering is om mense te inspireer en dit help my altyd vorentoe. Kry jou diepste rede en werk van daaruit. Die Heilige Gees sal jou help om dit te ontdek.

Derdens moet jy ’n duidelike idee hê in WATTER RIGTING jy wil beweeg. Jy hoef nie dadelik die “hoe” te weet nie, dit sal God na jou toe laat kom. Maar gesels met Jesus en kry helderheid in watter rigting jy moet gaan. En begin daarmee!

’n Laaste gedagte…

Leef met die KRAG VAN EEN. Gee een persent meer aandag, doen een persent meer, neem die eerste tree, doen die eerste aksie met God se hulp. God se hulp is juis wat Paulus gemotiveer het om te sê: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” (Filippense 4:13). Net één saam met die Heilige Een!

(Notas van my inspirasie gedagte op RSG. As jy wil luister, soek my naam en van by www.rsg.co.za  onder Potgooi en Sondagjoernaal)