Hoekom sien ons nie WONDERWERKE nie?
DIE GEHEIM OM WONDERWERKE TE BELEEF – IS OM GOD VIR DIE “HOE” TE VERTROU
Wanneer ’n mens in die geestelike gebied inbeweeg, is wonderwerke juis realisties. God-realisties, nie mens-realisties nie. Omdat mense dit van God te wagte kan wees.
God is nie beperk tot ons aardse en menslike realiteit nie. God gryp in en verander die stories van mense van tragedies tot verhale van hoop. God help met wonderwerke sodat gelowiges altyd bietjie oorhel in die rigting van hoop.
AS GOD ’N WONDERWERK WIL BEWERK OMDAT JESUS VIR MENSE OMGEE, DOEN GOD DIT TEN SPYTE VAN AL DIE SOGENAAMDE REALITEITE
Jesus se hele koms aarde toe om mense te verlos was om een rede: Om God te verheerlik. Om eer aan God te bring. Omdat God so lief vir mense is.
Wonderwerke gaan nie om ons nie. Ja, ons word deel van die storie. Maar wesenlik gaan wonderwerke om God en om mense te help raaksien wie God is en dat ons God kan vertrou vir wat God beloof…
(Preek na aanleiding van 5 brode en 2 vissies Johannes 6 – jy kan dit HIER kyk op YouTube)