Important: Covid-19 is real. For more information, see: https://sacoronavirus.co.za/
Somerset West, South Africa

Krag van VISIE

Groeipyne 2 April 2015
Donderdag 2 April 2015

Johan van Lill gesels met dr. Jannie le Roux, motiveringspreker en geluksekspert, oor die kuns om jou kind te help groter droom en drome waar te maak.

(Jy kan op die titel of hier kliek en terugblaai tot die datum)

Hier is enkele gedagtes:

Die enigste ding wat erger is as om blind te wees is om te sien, maar nie visie te hê nie – Helen Keller

  1. Dit help om nie met ’n skaarsheid mentaliteit te leef nie, maar met ’n oorvloedsmentaliteit. As daardie gevoel van oorvloed daar is, is daar kreatiwiteit en vreugde.
  2. Dit help ouers en onderwysers om na hulle eie geloofsoortuigings te kyk. Die grootte van jou visie of drome sê wat jy oor die lewe en oor God glo. Wanneer ons dink ons kinders het groter drome nodig, dwing dit ons as ouers en onderwysers om weer te kyk na ons eie drome vir ’n beter wêreld en beter toekoms.
  3. Kinders se verbeelding is nog oop, hulle is nie so gevorm deur die reëls van die samelewing nie. Ons kan by hulle leer! Laat toe vir “reverse mentoring” , omgekeerde mentorskap. Intussen leer ons hulle ’n leefstyl aan om groter moontlikhede raak te sien en nie slagoffers van omstandighede te voel nie. Die grootste armoede is nie die gebrek aan middele nie, maar ‘n gebrekkige mentaliteit. In kinders se verbeelding is nog soveel moontlik!

Kan jy dink hoe kan dit die huis en klaskamer verander as daar aan die begin van elke dag ’n saamdroom sessie gehou word: oor enigiets. Sonder om aanhoudend te sê maar ons het nie geld daarvoor nie of dis te onprakties.