LEEF GEïNSPIREERD
Dis al amper einde van die jaar en mense se fut is omtrent uit na die jaar.
Wanneer ’n mens moeg word, is dit moeilik perspektief te behou – jou emosionele brein.val jou aan oor wat jy nog kon doen en waar jy gefouteer het. Dan eindig ‘n mens die jaar moedeloos,en sukkel nuwe jaar motivering op te bou vir die nuwe jaar.
Natuurlik kan jy nog goed doen. Maar om dinge geïnspireerd te doen, verander alles!’
Ons kan terugdink aan ons skooljare en baie goeie onderwysers onthou. Maar die onderwyser wat uitstaan is die ene wat ’n vlam van passie vir die lewe en ’n onderwerp aangesteek het. Dis die een wat jou gehelp het om beter te doen as wat jy ooit gedink het. Wat jou gehelp het om groter te droom en jou gemotiveer het om iets te doen aan jou droom.
Ek onthou hoe ons by ’n kampterrein sit en praat het oor hoe min ons leer. Meneer Terblanche het my eenkant geroep en gesê as ek nie nou begin leer nie, sal ek nooit universiteit toe kan gaan nie. Toe begin ek leer…
Jare later loop ek hom weer raak en dit was wonderlik om dankie te sê en : As jy nie nou begin leer nie gaan jy nie universiteit toe nie… hom jare later weer raakgeloop in Somerset Wes en dankie gesê….
JOHAN: Wat dink jy is noodsaaklik om ’n inspirerende onderwyser te wees?
INSPIRASIE = Latyns VIR IN BLAAS… outyd gedink bonatuurlike wesens blaas gees in ons aardse sterflinge… om te motiveer en stimuleer in ’n rigting…om met vertroue en bemoediging te vul…
- LEEF VANUIT JOU DIEPSTE WAAROM?
He who has a why to live can bear almost any how. Friedrich Nietzsche
= ROEPING
= betekenis
= SOEK EEN WOORD OM JOU MEE TE BESKRYF… PROBLEEMOPLOSSER ENS EN WERK VANUIT DAARDIE EEN PUNT NA DIE RES
Vriend gaan woon kampe by en neem sy studente na die see om hulle meer te leer…
Hoe gaan ek my studente help om die inspirasie van my diepste waarom te beleef?
JOHAN: Jy het ons nou gemotiveer om weer ons diepste motivering op te soek sodat ons self gemotiveer kan wees. Is daar nog ’n wenk?
Jannie: ja, daar is nog heelwat maar ek gaan vandag net drie hooftemas gee waarvan die eerste is leef vanuit jou diepste waarom. Die tweede is…
- BESTUUR ENERGIE EN VLOEI
SIT EERS EIE SUURSTOFMASKER OP, SORG EERS VIR JOU EIE INSPIRASIE
Eie energie:
+ goeie vriende en kuier
* stap/draf… geneig af te skeep as dik gaan…
* leer gereeld iets nuuts
* Leer om nee te sê.
* slaap genoeg
* eet gesond
Doen dit of ervaar dit wat jou inspireer en deel dan daardie energie.
In klas geneig om te fokus op punt waar nie energie om dit op te lig… maar werk vanuit waar reeds energie in die klas en versprei dit…
FLOW Mihály Csíkszentmihályi, DUIDELIKE DOEL, GOEIE EN GOU TERUGVOER, FOKUS OP DIE HUIDIGE MOMENT…
Maak die wen duidelik…
Skep kans vir positiewe emosies…Help om positiewe emosies te ervaar… soms net ’n stokkielekker oomblik…
KRAG VAN STORIE… Werk vanuit jou eie storie van sukses… en help elke student om hulle storie van sukses te skryf… begin met “En toe was ek gelukkig om…”
JOHAN: Jy het sommer nou oor ’n klomp goed gesels en wenke gegee. Ons het al gesels oorleef vanuit jou diepste waarom en nou oor bestuur energie en vloei. Wat is die derde hooftema?
Jannie: 3. Wees lief vir wat jy doen en doen net waarvoor jy lief is
Leer om liefde te vind vir wat jy moet doen, maar begin by waarvoor jy lief is…
Behou nuuskierigheid…
Behou positiewe persepsie: studente en jyself is inherent diamante en wil graag leer en groei…
Uit posisie of spasie van liefde, nie vanuit vrees nie.
Aanvaarding vir wie hulle werklik is en aanvaarding van jouself…
Verbeelding
Innovasie: verf jou wêreld met nuwe verf, positiewe aanhalings…
Erkenning en verering
Dit kan soms chaos wees… maar moenie chaos vrees nie, dis die begin van die nuwe.
Sit elke dag jou hand op jou eie hart en sê: Ek is lief vir jou, doen jou bes.
En sê dit vir elke student een of ander tyd: Ek is lief vir jou, doen jou bes..