Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Ontmenslik? VERMENSLIK!

Bekende én vreemde oë. Hulle kyk vir my. Maskers in plek. Dis stil. Dis begrafnis.

Hy het skielik gesterf. ʼn Fikse fietsryer. Hartaanval. “Gelukkig om besig te wees met waarvoor hy lief is.” Hulle het tot daar fiets gery. Daarna is die lewe vir hulle anders.

Die trane wat vrylik loop word deur die masker opgedors soos water in ‘n droë woestyn. Net die oë verraai die leed. Meters van mekaar sit elkeen. Familie en vriende vreemd byeen. As gevolg van Covid-19-regulasies soos wit grafstene gespasieer in ‘n militêre begraafplaas.

Ontmenslik.

Dis die woord wat by my opkom.

Ons is eintlik keelvol vir alles omdat almal ontmenslik voel.

Ontmenslik deur statistieke en saniteerder.

Ontmenslik deur skuld en skelm-sigarette.

Ontmenslik deur honger en hooploosheid.

Ontmenslik deur onreg en onredelikheid.

En as ontmenslik begin siel soek, neem die instink van die oermens oor en beledig en blameer en betoog en brand…

Net om te wil wys: “Ek is ‘n mens!”

Ek haal my masker af omdat ek ver van hulle af staan. Om darem net ‘n volle gesigsuitdrukking van glimlag en omgee te wys. Om hoorbaar te wees met trooswoorde uit die Boek met die storie oor die mens uit stof (Adam) én die Mens (Christus) uit die hemel (vgl. 1 Korintiërs 15:47). Om mens-wees en Mens-wees te wys.

Vermenslik.

Dis wat ek probeer doen. Sodat mense my persoonlikheid kan beleef in ‘n hartseertyd, en nie net raakgesien voel nie.

Ironies stam die woord vir persoonlikheid van die Latynse “persona” wat “masker” beteken. My een professor het verduidelik dat tydens die Griekse toneelspel die spelers vir elke rol net ‘n ander persona voor hulle gesig gehou het, dan was hulle ‘n ander karakter. Ek wil maar net my eie persoonlikheid deel, sonder die masker. Om net iets in te dra wat eg voel in ‘n ontmenslike tyd.

Vir die eerste keer het ek van THE MUNGA MTB gehoor. Dit word beskryf as “The toughest race on earth”. Dis ‘n fietswedren van ongeveer 1070 kilometer tussen Bloemfontein en Wellington. Meesal weg van ‘n ordentlike pad. In die middel van ons land se somer. Van bykans woestyn tot later wingerdlande. Die ryers mag nie helpers se hulp langs die pad kry nie. Baie voltooi nie die moordende 5 dae wat toegelaat word nie. Net 120 ure toegelaat om die 1070 kilometer suksesvol te voltooi. Sonder om ge-dope te wees. Die een wie se lewe ons vandag hier vier, het The Munga voltooi.

“THE END of the life you knew.”

Dis waarmee die Munga-wedren begin.

Die fisieke en emosionele en verstandelike uitmergeling eindig by “THE START of the rest of your life.” Almal wat klaarmaak, voel bemagtig vir hulle lewe.

Die tyd waarin ons nou leef, is iets van hierdie fietswedren. Karakter word gesmee en persoonlikheid word gevorm deur moeilike tye. Om jou te stroop van alles wat nie nodig is nie. Om jou te help fokus op wat werklik die belangrikste is.

Ons is nog nie eens met post-traumatiese stres besig nie, dit kom nog. Ons moet nog eers die huidige trauma hanteer. In die huidige traumatiese stres-tyd help dit om die situasie uit ‘n ander gesigspunt te bekyk en met ander taal te beskryf.  Dit beteken om die situasie as’t ware in ‘n ander raam te sit (“reframe”) om iets betekenisvol daarin te vind wat jou bemagtig laat voel. Die betekenis wat jy daaraan gee, gaan jou help om emosioneel anders daaroor te voel. Dan gaan jy bemagtig en bemoedig voel.

Daar is baie beskrywings om jou situasie te reframe. Soos om te kan sê: “Wat ook al nou aan die gebeur is, gaan my help om my beste menswees vir Jesus te kan wees.” Of: “Wat ook al nou gebeur, maak my sterker en beter, soos Jesus die 40 dae in die woestyn én die duiwel oorwin het…”

Onthou, Jesus is na die woestyn-tyd versorg, en Hy beloof God sal vir jou ook sorg: “Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.” (Matteus 4:11).

Reframe dit: Hierdie is net woestyn- en versoeking-tyd.

Of ánders ge-reframe:

Dis nou my wedrentyd!

DIE EINDE van die lewe soos ek dit geken het.

DIE BEGIN van die res van my lewe!

Regtig VERMENSLIK!


Kyk HIERas dalk reken op plan “B”… (Hierdie woorde van iemand wat as immigrant ingekom en die wêreld nie net as filmster nie, maar ook as goewerneur beïnvloed het)


TOERNUUS: 3 Opwindende moontlikhede!!!

Na al die regulasies van die grendeltyd is dit tyd om te kyk na die toekoms. Ons het juis 2 geleenthede vir later in 2021 beplan sodat hierdie grendeltyd verby kan wees. ‘n Mens leef van hoop!

Baie dankie vir almal wat reeds reageer het – dis lekker om van julle te hoor. En baie dankie vir julle wat reeds ingeskryf het!

3 nagte aan boord die MSC Musica… 3 verrykende temasfor a pilgrimage cruise that will spoil you with wonderful meals, shows, a distant island … or you can just lie in your luxurious cabin or sit next to the pool on a sunbed.

Onthou jy hoeveel kere die dissipels wonderlike ervarings van Jesus se Teenwoordigheid op of by water gehad het? Ons gaan saam vaar vanaf Durban na die Portugese Eiland…

Kontak Wilma dadelik hier sodat ons weet of jy belangstel – noem die toer: Pelgrims Skeepsvaart. Ons het net enkele  kajuite!

Nog goeie nuus vir PELGRIMS: As jy belangstel om saam te toer na Israel-Istanbul – 16 OKTOBER 2021, laat weet Wilma hier – noem die toer waarin jy belangstel, asb. Israel is vir ons dié plek waar ons in Jesus se voetspore gaan loop!

Nou vir die 3de stukkie goeie nuus:

Ons toere na Oberammergau Passiespele 2020 was al vroeg volbespreek. Nou is dit uitgestel na 2022 a.g.v. Covid-19.

Ons het reeds die nuwe datums gekry! Ons enkele kansellasies is byna almal reeds gevul, so as jy ook wou gaan, is dit nou jou kans.  Ons het net 2 kajuite oor! Kontak Wilma hier en noem dat jy in die Passiespele belangstel.


*Hierdie is die Inspirasie nuusbrief vanaf www.inspireguroux.com die NUWE BLOG (Hierdie blog vervang die vorige www.jannieleroux.co.za). Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag weekliks hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres jannie@inspireguroux.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die Trash of Spambucket verdwyn nie.

**As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf!  Jy mag dit Share. Forward dit en Cc wilma@inspireguroux.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.

***Blits-Inspirasie! Van Maandae tot Vrydae gesels Jannie per video oor ‘n inspirasie gedagte en teks. Dis ongeveer 1½ minuut lank. Jy kan dit op drie maniere gereeld sien: (1) Deur ons Facebook blad te “like” en “follow“. (2) Deur ons YouTube kanaal te “subscribe (3) Stuur vir Wilma jou naam en selfoon nommer sodat ons dit op die WhatsApp groep kan plaas – om elke aand direk op jou selfoon te ontvang. Onthou om as jy die video’tjie ontvang, haar selnommer onder jou kontaklys te “save” sodat jy gereeld die video’s kan ontvang. En jy mag dit verder aanstuur!