PINKSTER VREUGDE
Na ‘n wonderlike aantal dae se preek in Paarlberg en die wonderlike mense wat ons daar ontmoet het, is dit so lekker om vanoggend my e-posse oop te maak met die woorde van iemand wat laat weet:
Ons as gesin wil opreg vir ds baie dankie sê vir treffende en baie inspirerende boodskappe hierdie Pinkster. Na Sondagoggend se diens het die kinders gevra of ons asb elke aand kan Pinkster toe gaan. Dit het my baie opgewonde gemaak en was vir elkeen van ons baie spesiaal en het so baie beteken. Ek en die kinders het elke aand na die diens, met hulle Bybelstudie tydjie nog lekker oor die diens gesels en ek is baie dankbaar vir alles wat hulle in die kerk kon hoor. Want dit wat ek graag wil hê hulle moet verstaan, is hierdie week ook so mooi aan hulle verduidelik. Ek is baie opgewonde oor die werking van die Heilige Gees en die verskil wat gemaak kan word….
Dit hou hierdie predikant se roeping om te inspireer sommer vuurwarm!