Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

TYD VIR ’n NUWE TREE?

Daar is verskillende ervarings wat ’n mens laat besef dis tyd vir ’n nuwe tree.

Die vraag is hoe om dié tyd te herken. Die toespraak van die Apple-legende, Steve Jobs, by Stanford, vertel hoe hy sulke tye raakgesien het:

“When I was 17, I read a quote that went something like: ‘If you live each day as if it was your last, someday you’ll most certainly be right.’ It made an impression on me, and since then, for the past 33 years, I have looked in the mirror every morning and asked myself: ‘If today were the last day of my life, would I want to do what I am about to do today?’ And whenever the answer has been ‘No’ for too many days in a row, I know I need to change something.

Remembering that I’ll be dead soon is the most important tool I’ve ever encountered to help me make the big choices in life.”

Hier is so ’n paar aanduidings dat dit tyd is vir ’n nuwe tree… (natuurlik is daar méér):

Waardevol: iets begin jou so motiveer en inspireer dat jy daarheen getrek voel. Jy voel jy kan nie anders nie, jy moet dit ten alle koste en ten alle tye navolg. Jy voel so passievol daaroor dat jy jou lewe daarvoor sal gee, bv. ’n lewensmaat – en dan kies jy om die res van jou lewe saam die persoon deur te bring.

Woede: Jy is so kwaad omdat jy verontreg voel dat jy elke dag met aggressie in die situasie inloop. Jy kry nie eens meer die aggressie uit jou lyf as jy iets anders doen nie.

Weerstand: Alles in jou kom in opstand om nog aan te gaan. Elke dag is ’n gesukkel om te dink jy moet dit weer doen of weer in die situasie ingaan. Jy begin self al hoe meer weerstand bied teen verwagtings.

Wedergebore: Iets so lewensingrypend gebeur dat jy nie meer dieselfde jy is wat met dieselfde goed kan aangaan nie. Jy voel jy het ’n nuwe kans op ‘n nuwe lewe en jy moet dit eenvoudig aangryp.

Tyd vir ’n nuwe tree hoef nie noodwendig so dramaties te wees dat jy onmiddellik uit jou werk bedank, al jou geld neem en landuit gaan nie.

Die nuwe tree begin in jou gedagtes.

Nog eerder: die nuwe tree begin in jou geloof.

En aksie: Jy neem ’n tree in geloof.

Jare gelede het daar hierdie fliek gewys: Indiana Jones and the Last Crusade.

In een toneel is Indiana Jones se pa aan die sterf en al wat hom kan red, is die heilige kelk (holy grail). Hy hardloop deur ’n ingang in die rots net onder ’n uitgekerfde leeukop – en vind homself op die rand van ’n afgrond. Aan die oorkant is ’n opening, maar tussenin lyk dit net na ‘n gapende afgrond. Dan onthou hy dat hy in geloof moet optree. Hy doen die enigste ding wat hy kan doen – hy stap in die lug in…

Hier onder is die skakel om die stukkie video te sien.

Martin Luther King Jr. het gesê: “Take the first step in faith. You don’t have to see the whole staircase, just take the first step.”

Ek hou van The Message se vertaling van Prediker 3:1 se wyse woorde“There’s an opportune time to do things, a right time for everything on the earth.”

Dalk is die tyd nou in jou guns…


WONDERLIK: Indiana Jones neem ‘n tree in geloof! Kyk hier.