Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Besig om onsself te BREEK!

“Besef jy ons is van kleins af besig om onsself te probeer breek!”

Ek en my broer Danie is besig om ‘n videogesprek te voer.

In hierdie uitgawe: 

1. Inspirasie-briefie

2. Inspirasie-video

3. Blits-Kursus: Turn your luck!

4. Opwindende Toere: 3

5. Waarmee help ons

“Ons begin klouter as babas op hoë goed om ons pap te val as ons greep gly. Ons begin fietsry net om te kyk oor watse hoë walle ons kan jaag, ongeag wie voor ons al geval het. Ons leer motor bestuur en vat onverantwoordelike kanse. Ons speel kontaksport en kyk of ons die ander persoon kan plat hardloop of karnuffel. Dis asof ons doelbewus van kleins af besig is om hierdie lyf wat God ons gegee het, te probeer breek!”Hy sien ek lyk geamuseerd en laggend verduidelik hy.

Sy motorfiets se agterwiel het jare gelede teen hoë spoed begin heen en weer slinger en toe skuur hy vir verskeie meters saam met die motorfiets op die N1-nasionale pad anderkant die brug soos jy Beaufort-Wes uitry. Dat hy lewendig daar opgestaan het, is ‘n wonder. Daar is natuurlik vandag nog herinneringe daaraan in sy lyf.

Die gesprek het eintlik begin omdat ek moes gaan vir ‘n rugoperasie. Ons het van ons kinders help trek, toe ek weer dieselfde seer bo my regterheup voel wat ek al verskeie kere die afgelope jare voel as ek my rugsak net oor die een skouer dra. Hierdie keer het dit al hoe erger geword. ‘n Dag later het my regtervoet en been begin lam word. Na MRI en X-strale is besluit op ‘n operasie. Eers het die neurochirurg (na beraadslaging met 2 ander spesialiste, asook mettertyd ‘n bietjie verbetering in my rug en been in terme van beweging en pyn) besluit om ‘n meer konserwatiewe weg te volg. Hy wou eers kans gee en kyk hoeveel nog verbeter in die volgende week. Hopelik is die operasie dan kleiner in omvang.

Nou is my broer op sy stukke: “Ons druk goed in ons kele af wat ‘n hond nie eens sal eet nie. Al die vreemde goed wat ons eet. Oeps! Dan is ons verras as ons gediagnoseer word met hoë cholesterol en ander gesondheidsprobleme en kan nie verstaan hoe dit gebeur nie. Maar dis óns wat die goed in ons kele afdruk en afsluk.”

Ek lag nog meer want ons het juis gereeld ‘n realiteits-reeks gevolg waar die ou allerhande goed eet met die mantra van: “If it looks good, eat it!” Ek weet ek hou nie van afval nie, maar wat daardie man alles insluk – van vrot haaivleis tot plasentas (darem van diere!), tarantulas tot “giraffe beetles”… Dink daar is fout met sy oë.

“Dan bekommer die ou hom so oor sy cholesterol en hart dat hy nog meer brandewyn in sy keel afgooi. Totdat daar geen gevoel is nie. Dán moet jy sien wat hy alles breek!”

Ek sien alles in my geestesoog gebeur soos hy uitbrei en lag nog meer.

“En op ons oudag wonder ons oor al die seer in ons lyf. Terwyl ons ons hele lewe lank probeer kyk wat ons alles kan opfoeter. Ons het net één lyf en net één lewe!”

Hy is pas deur ‘n nekwerwel-operasie en moet nou versigtig wees wat hy alles optel of doen.

Vandag sit en dink ek oor my lewe. Oor al die goed wat ek al aangevang het. Die onbeplande motorongelukke wat my en Wilma getref het. Oor die genade dat ek en Wilma nog gespaar is om te gesels hieroor en die lewenservarings te deel. Die feit dat die rugoperasie ‘n rukkie terug goed verloop het en ek reeds grotendeels my been se gebruik (die neuro-spesialis sê dis 60%) en gevoel terug het. En die pyn is nou net hier en daar ‘n ongemak, minder knaend. Ja, ek moet nog konsentreer as ek loop, anders  slinger ek soos ‘n dronk ou. Maar dis positiewe vordering – ek slinger ten minste vorentoe, en nie as gevolg van te veel alkohol nie!

Mense (kundig én onkundig) skryf oor Covid-19 en die inentings wat nou hier is. Iemand merk op dat ons nie die toekoms kan voorspel nie. Na hierdie onverwagse wending in my lewe weet ek ons kan nie eens die óómblik voorspel nie. Alles verander. Ook ons lywe en lewe.

Ek maak die Bybel sommer net oop en op daardie bladsy trek Hebreërs 13:8 my aandag:

“Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

In hierdie onsekerheid van wag en verandering (en herstel) is hierdie Sekerheid vandag nogal wat ek nodig het om te hoor.

Nie raas vir wat ek met my lyf aangevang het nie. Net troos.

Dankie, Jesus!


2. Inspirasie-video:Blessing of stress 


3. Blits-Kursus:

TURN YOUR LUCK!

Can you change your luck? This 25 minute short course will show you how to increase your odds on luck and success. In a pandemic we really need to do some panning (for diamonds and gold) and I shall try my best to give you some tools!

Date: Wednesday, May 12, @ 19h00

Final entries: Monday, May 10

Pay what you can. 

Hierdie kursus word per Zoom aangebied, met geleentheid vir enkele vrae.

Skryf hier in sodat jy nader aan die datum die Zoom-skakel kan ontvang.


4. Opwindende Toere:

Die goeie nuus is dat daar al hoe meer aksies kom om die Covid-19 pandemie te bekamp. Van die wêreldlande het reeds begin om kwarantyn-reëlings op te skort, en inentings bied nuwe moontlikhede. Dit gee nuwe hoop vir ons toere!!!

Hier is 3 moontlikhede:

a. Oberammergau Passiespele 15-29 September 2022 – 1 bespreking

Iemand moes ongelukkig as gevolg van finansiële probleme haar inskrywing kanselleer vir Oberammergau September 2022. Ons het dus plek vir 1 vroulike toerlid wat ‘n kamer/binnekajuit met ‘n ander vroulike toerlid deel. Skeepsvaart + Oberammergau Passiespel. Skakel dadelik of WhatsApp as jy hierdie plek wil bespreek – 072 127 5043.

b. Oberammergau Passiespele 21-31 Mei 2022

ONS NUWE TOERPROGRAM IS HIER! Oberammergau Passiespele, Venesië en die Mere-distrik van Italië . Kontak ons hieren noem dat jy in die Passiespele belangstel. Ons ander 2 toere was so vinnig uitverkoop, en daar is klaar sitplekke nou bespreek!

c. Israel-Istanbul 12 NOVEMBER 2022 

Goeie nuus vir ISRAEL-PELGRIMS: As jy belangstel om saam te toer na Israel-Istanbul, kontak ons hier en noem die toer waarin jy belangstel, asb. Israel is vir ons dié plek waar ons in Jesus se voetspore gaan loop! (Die toer was vir later vanjaar beplan, maar vanweë die Covid-19 onsekerhede het ons dit sowel as die reeds ingeskrewe besprekings geskuif na 12 November 2022).


5. Waarmee help ons

a. Blits-Inspirasie! gratis kort video’s gedurende die week

Van Maandae tot Vrydae gesels Jannie per kort VIDEO oor ‘n inspirasie gedagte en teks. Dis ongeveer 1½ minuut lank. Jy kan dit op drie maniere gereeld sien: (1) Deur ons Facebook blad te “like” en “follow“. (2) Deur ons YouTube kanaal te “subscribe” (3) Stuur vir Wilma jou naam en selfoon nommer sodat ons dit op die WhatsApp groep kan plaas – om elke aand direk op jou selfoon te ontvang. Onthou om as jy die video’tjie ontvang, haar selnommer onder jou kontaklys te “save” sodat jy gereeld die video’s kan ontvang. En jy mag dit verder aanstuur sodat ons met God se Goeie Nuus meer mense kan inspireer!

b. Sondag-Inspirasie! Preek

Elke Sondag word ‘n boodskap beskikbaar gestel as inspirasie vir die week. Volg dit deur die Facebook blad te volg. En/of Subscribe hier op ons Inspire GuROUX YouTube kanaal om dit dan of enige ander dag te kyk en op hoogte te bly wanneer dit verskyn. Jy kan ook vir Wilma hier jou selnommer stuur en noem dis vir die Sondag-Inspirasie, dan ontvang jy die skakel per WhatsApp. Dis ook gratis en ons hoop om meer mense te inspireer om te floreer!

c. Coaching en Inspirasie-Optredes

Jannie word gereeld genooi as inspirasie-spreker en om kursusse aan te bied. Kontak vir Wilma hier en noem watter onderwerp julle in belangstel.

Jy kan hom ook kontak vir inspirasie-coaching vir jouself of iemand anders, of ‘n groep. Dit kan in persoon of per Zoom/Skype/WhatsApp gedoen word. Kontak vir Wilma hier.


*Inteken: Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres jannie@inspireguroux.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die “Junk Email” verdwyn nie.


**Share/Nooi: As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf! Jy mag dit Share. Forward dit en Cc wilma@inspireguroux.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.