Important: Live inspired!
Somerset West, South Africa

Praat met die KAS!

Dis maklik om, as jy vasgeloop voel, ook moedeloos te raak.

In hierdie uitgawe: 

1. Inspirasie-briefie

2. Inspirasie-video

3. Blits-Kursus: Turn your luck!

4. Opwindende Toere: 2

5. Waarmee help ons

Dis maklik om, as jy voel jy is in ‘n doodloopstraat, te voel daar gaan nie ‘n uitkoms wees nie.

Dis maklik om te twyfel en te vra: Wat is die sin hiervan as jy voel daar is nie ‘n manier waarmee jy dit kan bereik nie?

Dis maklik om, as jy sukkel met angstigheid, te wonder of die lewe die moeite werd is.

Een van die maniere om uit hierdie maalkolk van gevoelens te kom en kreatiewe oplossings te kry, is om die eintlike probleem beter te beskryf.

Hier is die “spoiler alert” (die waarskuwing dat ‘n belangrike deel van die storie verklap word):

Hoe eenvoudiger jy die eintlike probleem kan beskryf, hoe makliker word dit om ‘n oplossing te vind.

Terwyl ek myself nog rustig moet gedra na die rugoperasie, gesels ek en my broer weer via Zoom.

Hy vertel: “Ek het myself rekenaarprogrammering aangeleer sodat ek ons sisteme kan verbeter. Toe haak ek vas by ‘n sekere aspek. Na verskeie ure se gesukkel om ‘n oplossing te kry, steek ek my trots in my sak en gaan vra iemand wat saam met my werk. Hy is uitstekend met programmering.

Toe ek sy hulp vra, staan hy op en begin uit die kantoor loop en sê: ‘Ek moet hierdie dringende ding gaan afhandel, praat met die kas!’ Hy beduie na ‘n kas in die hoek van sy kantoor.

‘Wat?’

‘Praat met die kas en vertel die kas jou probleem,’ is sy laaste woorde voor hy gang-af verdwyn.”

Ek vra my broer: “Wat was jou reaksie?”

Hy gebruik ‘n skelwoord. “Ek het terug na my kantoor geloop en op pad vra ‘n kollega hoekom ek so lyk. Ek verduidelik vir hom wat die ou gesê het en vertel hom wat die probleem is waarmee ek sukkel. Skielik kry ek helderheid!”

“Hoe bedoel jy?” wil ek weet.

“In die beskryf van die probleem, het ek deur myself hardop te hoor verduidelik, die probleem beter beskryf en toe is die oplossing as’t ware voor die hand liggend. Om te praat met die kas, was eintlik net ‘n manier om te sê, verduidelik dit hardop sodat ek – soos ek dit hoor – die probleem kan bly herformuleer totdat die eintlike probleem beskryf is. So hier is my raad: praat met die kas!

Een van die bekende gesegdes van Albert Einstein was blykbaar: “As ek ‘n uur het om ‘n probleem op te los, sal ek 55 minute bestee om oor die probleem te dink en 5 minute om te dink aan oplossings.”

Die probleem is nie dat ons vasgeloop voel nie. Die probleem is dat ons gló ons is vasgeloop.

As volgelinge van Jesus hoef ons nie net met die kas te praat nie. Ons kan met ander mense praat en ons probleem hardop beskryf. Ons kan hulle insette en wysheid kry.

Ons kan praat met die Een in wie ons gló!

Paulus gee hierdie wysheid: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filippense 4:6-7).

Ons mág praat met die Een wat vir ons na die oplossing kan wys. Selfs die dood was nie vir Hom ‘n doodloopstraat nie!


2. Inspirasie-video: Blessing of stress 


3. Blits-Kursus:

TURN YOUR LUCK!

Can you change your luck? This 25 minute short course presented by Dr. Jannie le Roux will show you how to increase your odds on luck and success. In a pandemic we really need to do some panning (for diamonds and gold) and I shall try my best to give you some tools!

Skryf hier in sodat jy DIE SKAKEL NA DIE AFRIKAANSE OPNAME VAN DIE ZOOM-KURSUS KAN ONTVANG (die kursus was reeds aangebied).


4. Opwindende Toere:

Die goeie nuus is dat daar al hoe meer aksies kom om die Covid-19 pandemie te bekamp. Van die wêreldlande het reeds begin om kwarantynreëlings op te skort, en inentings bied nuwe moontlikhede. Dit gee nuwe hoop vir ons toere!!!

Hier is 2 moontlikhede:

a. Oberammergau Passiespele 21-31 Mei 2022

ONS NUWE TOERPROGRAM IS HIER! Oberammergau Passiespele, Venesië en die Mere-distrik van Italië . Kontak ons hieren noem dat jy in die Passiespele belangstel. Ons ander 2 toere was so vinnig uitverkoop, en daar is klaar sitplekke nou bespreek!

b. Israel-Istanbul 12 NOVEMBER 2022 

Goeie nuus vir ISRAEL-PELGRIMS: As jy belangstel om saam te toer na Israel-Istanbul, kontak ons hier en noem die toer waarin jy belangstel, asb. Israel is vir ons dié plek waar ons in Jesus se voetspore gaan loop! (Die toer was vir later vanjaar beplan, maar vanweë die Covid-19 onsekerhede het ons dit sowel as die reeds ingeskrewe besprekings geskuif na 12 November 2022).


5. Waarmee help ons

a. Blits-Inspirasie! gratis kort video’s gedurende die week

Van Maandae tot Vrydae gesels Jannie per kort VIDEO oor ‘n inspirasie gedagte en teks. Dis ongeveer 1½ minuut lank. Jy kan dit op drie maniere gereeld sien: (1) Deur ons Facebook blad te “like” en “follow“. (2) Deur ons YouTube kanaal te “subscribe” (3) Stuur vir Wilma jou naam en selfoon nommer sodat ons dit op die WhatsApp groep kan plaas – om elke aand direk op jou selfoon te ontvang. Onthou om as jy die video’tjie ontvang, haar selnommer onder jou kontaklys te “save” sodat jy gereeld die video’s kan ontvang. En jy mag dit verder aanstuur sodat ons met God se Goeie Nuus meer mense kan inspireer!

b. Sondag-Inspirasie! Preek

Elke Sondag word ‘n boodskap beskikbaar gestel as inspirasie vir die week. Volg dit deur die Facebook blad te volg. En/of Subscribe hier op ons Inspire GuROUX YouTube kanaal om dit dan of enige ander dag te kyk en op hoogte te bly wanneer dit verskyn. Jy kan ook vir Wilma hier jou selnommer stuur en noem dis vir die Sondag-Inspirasie, dan ontvang jy die skakel per WhatsApp. Dis ook gratis en ons hoop om meer mense te inspireer om te floreer!

c. Coaching en Inspirasie-Optredes

Jannie word gereeld genooi as inspirasie-spreker en om kursusse aan te bied. Kontak vir Wilma hier en noem watter onderwerp julle in belangstel.

Jy kan hom ook kontak vir inspirasie-coaching vir jouself of iemand anders, of ‘n groep. Dit kan in persoon of via Zoom/Skype/WhatsApp gedoen word. Kontak vir Wilma hier.


*Inteken: Indien jy nog nie ingeteken is nie en graag hierdie INSPIRASIE-nuusbrief wil ontvang, teken hier in. Dit sal goed wees as jy die e-posadres jannie@inspireguroux.com onder jou Contacts sal save, want dan verseker jy dat die nuusbrief nie in die “Junk Email” verdwyn nie.


**Share/Nooi: As hierdie Inspirasie nuusbrief vir jou iets beteken, nooi gerus iemand om in te skryf! Jy mag dit Share. Forward dit en Cc wilma@inspireguroux.com daarin, dan sit ons hulle by ons poslys.